Tuis 2017-09-25T10:51:08+00:00

Dis ‘n ervaring

ONS UITGANGSPUNT

*Tariewe sal vanaf 1 Desember 2017
‘n prysverhoging ondergaan

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak…

Die uitstekende voorbereiding van top gehalte seekos, in oorvloed, en waarde vir geld, is ons erns.

SKINK ‘N WYNTJIE

Met aankoms gee ons jou ‘n gratis glas goeie kaapse wyn. Bring jou eie koelhouer met koeldrank, drankies, glase en ys. Ons het tans nie ‘n kroeg nie, en vra ook geen kurkfooi nie.