Loading...
Funksies 2017-09-06T10:18:13+00:00

Funksies

FUNKSIE EN TROU-VENUE

DROOM VAN ‘N TROUE OP DIE STRAND AL IS DIT IN DIE BINNELAND? DIT HOEF NIE ‘N DROOM TE BLY NIE! GESELS MET ONS OM JOU TROUDAG WAARLIK ONVERGEETLIK TE MAAK – JY IS DIT WERD!

Ons Strand Seekos-Restaurant is die perfekte “strand” trou-venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons “strand” waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.

De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel kan tot 340 gaste sit! Die atmosfeer is ook Idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.

0
Kan in die Mossel sit!

Hoewel De Vette Mossel gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak. Die hele restaurant kan binne minute toegemaak word, sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind.

EN AS DIT REËN- MOET NET NIE KLA NIE. DIS AFRIKA EN REËN IS ALTYD ‘N SEËNING.