0
Disse

Spyskaart

Eet soveel jy wil- of kan!

0
Gange

Ons spyskaart bestaan uit 9 gange, van 16 disse wat na mekaar voorgesit word. Van alles (heel garnale is addisioneel) kan jy soveel eet as wat jy wil – of kan! Maar dis glad nie so maklik nie…
Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!

Wees rustig, ontspan – ons eet amper 3 ure lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!

Maar asseblief, moet nie handgesnyde kristalglase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die “strand” en doen soos ons langs die Weskus doen – hier eet ons met ‘n mosselskulp. As dit nie in jou smaak val nie, of jy reken die lewe skuld jou meer, gaan jy waarskynlik meer tuis voel in ‘n duur Franse Restaurant.

*Ten spyte van kos in oorvloed op ons spyskaart mors ons nie graag nie. – alle kos wat in die potte en panne oorbly word geskenk aan instansies in ons omgewing wat sorg vir die behoeftiges

*Tariewe sal vanaf 1 Desember ‘n prysverhoging ondergaan

Spyskaart

En natuurlik deurentyd potbrood, wat die hele tyd net daar gebak word - met plaasbotter en konfyt. (Pasop vir hom – die lekkerte daarvan gaan jou verlei!)

Dvm At Harties Logo 480×240 Afr

Geregte:

  1. Mosselvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter; 
Mossels-in-skulp gestoom in uie en wyn
  2. Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl
  3. Seekospot met 4 soorte vis, kalamari-repe, mossels, en handevol skoongemaakte garnaalsterte;
 Rys (vir die wat die sousies wil opvang)Mengelslaai(ons praat nie graag oor slaai nie);
 Groentedis met melk en kaas (tot Karoo-boere eet van hom)
  4. Vleispotjies - Bees en Hoender (vir diegene wat nie eintlik seekos eet nie)
  5. Vangs van die dag met uie en botter/olyfolie- die sjef sal sê
  6. Heel garnale - (ADDISIONEEL) vir die wat bestel het
  7. Kalamari steak met uie gebak in botter (dis hoe hy eintlik moet smaak)
  8. Vrugte van die Seisoen (gly in jou keel af)
  9. Koffie en koeksisters - soet na die sout (jammer – ons doen nie tee nie!)

Slegs groen SASSI produkte word in die buffet gebruik.*

Spyskaart is onderhewig aan seisoene en beskikbaarheid.

*GARNALE word deur Sassi gelys as Oranje, dus “Dink twee keer”. Ons gebruik slegs geboerde garnale wat heel bedien word en nie geskoenlapper is nie- die delikate geur van garnale is in die dop. Ons maak en eet hom soos ons langs die Weskus doen;

Wees rustig,ontspan – ons eet amper drie ure lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!

Maar asseblief, moet nie handgesnyde kristalglase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die “strand” en en doen soos ons langs die Weskus doen – hier eet ons met ‘n mosselskulp. As dit nie in jou smaak val nie, of jy reken die lewe skuld jou meer, gaan jy waarskynlik meer tuis voel in ‘n duur Franse Restaurant.

*Ten spyte van kos in oorvloed op ons spyskaart mors ons nie graag nie. – alle kos wat in die potte oorbly word uitgedeel aan behoeftige gesinne in die omgewing.

*Tariewe sal vanaf 1 Desember ‘n prysverhoging ondergaan

  1. Mosselvleis gebraai met uie, handevol knoffel en plaasbotter; 
Mossels-in-skulp gestoom in uie en wyn
  2. Weskus-snoek en soet-soetpatats – Weskus styl
  3. Seekospot met 4 soorte vis, kalamari-repe, mossels, en handevol skoongemaakte garnaalsterte;
 Rys (vir die wat die sousies wil opvang)Mengelslaai(ons praat nie graag oor slaai nie);
 Groentedis met melk en kaas (tot Karoo-boere eet van hom)
  4. Vleispotjies - Bees en Hoender (vir diegene wat nie eintlik seekos eet nie)
  5. Vangs van die dag met uie en botter/olyfolie- die sjef sal sê
  6. Heel garnale - (ADDISIONEEL) vir die wat bestel het
  7. Kalamari steak met uie gebak in botter (dis hoe hy eintlik moet smaak)
  8. Vrugte van die Seisoen (gly in jou keel af)
  9. Koffie en koeksisters - soet na die sout (jammer – ons doen nie tee nie!)
KONTAK ONS / TARIEWE

Gooi n lyn

NB. MAAK ASB 100% SEKER DAT U BY DIE REGTE DE VETTE MOSSEL BESPREEK – DE VETTE MOSSEL@HARTIES, HARTBEESPOORTDAM, NOORD-WES.

U wil by DE VETTE MOSSEL@HARTIES bespreek?

Tel: +27(0)82 346 3731 – Elize

E-pos: harties@devettemosselharties.co.za

Gaan Na Kontak Blad vir pryse, tye, en meer!