Loading...
Wie’s Ons 2017-09-06T10:19:18+00:00

WIE’S ONS? DESEMBER 2004

WAAR HET DIT BEGIN

Vroeg in Desember 2004, het  Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, sy Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis en media-adviseur, sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.


Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en ….die eerste gaste het opgedaag…en opgedaag…en opgedaag…

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Dit was onvermydelik dat die sukses moes oorspoel en in Oktober 2012 open Neels and Annette Swart die tweede De Vette Mossel Seekos Restaurant te Hartbeespoortdam– met sy eie strand en Tietiesbaai ligtoring!!!

Hier is jy in uiters bekwame hande van Mosselvriende Neels en Annette wie in die streek opgegroei het, maar wie die profiel van tipiese Weskusgasheer en gasvrou soos ‘n handskoen pas. Wees verseker van persoonlike, vriendelike aandag en hoogs efektiewe diens

Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.

Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel @ Harties identies aan die visie van De Vette Mossel restaurante wat konsep, menu en kwaliteit betref.